Ghoelasj

Hongaarse Pörkölt staan in die buiteland as ghoelasj bekend

Ghoelasj (afgelei van Hongaars gulyás [hús] [ˈɡujaːʃ], letterlik "beeswagter(vleis)" ) is 'n vleisbrediegereg of soep wat sy oorsprong in Hongarye het en van vleis, groente, pasta, uie en speserye soos paprika (Hongaarse rooi peper) en karweisaad berei word. Die resep het lankal ook ingang tot die kookkuns van ander lande gevind sodat daar 'n groot verskeidenheid variante van die gereg bestaan. Ghoelasj geniet in Hongarye status as nasionale gereg en simbool van die land.

Die gereg, wat in ander lande Ghoelasj, Goelasj, Gulasch, Gulyas of Goulash genoem word, staan in Hongarye self eintlik as Pörkölt of Paprikás bekend. Die eersgenoemde term verwys na geroosterde vleis, terwyl die tweede gereg met suurroom verfyn word en ongeag sy naam minder paprika bevat. Vir Tokány, 'n derde variant, word die vleis in lang strepies gesny.[1]

  1. George Lang: The Cuisine of Hungary. New York 1982

Developed by StudentB